Chef Suza's curry from Mauritius

Chef Suzanne traveled to Mauritius in May. There she met Nita, a South African from Durban. Nita shared her recipe with us.

Chef Suzanne made the curry on Die Groot Ontbyt Show.

Here is the recipe:

Nita van Mauritius se Kerrie

Garam Masala

25 g Ster anys

50 g Koljander saad

25 g Komyn Sade

35g Finkel sade

1 Rooster in droë pan tot net begin bruin raak

2 Laat afkoel en maak baie fyn in voedselverwerker. – Dit moet soos Kerrie poeier lyk

3 Bêre in bottle en gebruik soos nodig.

Geroosterde Masala (Steyns resep)

150g Koljander saad 125g Komyn saad

5 Gedroogde Brandrissie(of meer) 25g fyn borrie

25g swart peper korrels 5g heel naeltjies

2 Kaneel stokkies 25g fyn gemmer

15 ml Kardamom peule

1 Rooste eers heel sade en stokke tot net bruin . Draai hitte af

2 Gooi borrie en gemmer by, roer goed

3 Laat afkoel en maak baie fyn in voedselverwerker. – Dit moet soos Kerrie poeier lyk. Niks heel sade nie

4 Bêre in bottles en gebruik soos nodig.

Hoender Kerrie

Bietjie olie

2 gekapte uit

15 ml fyn gemmer en knoffel mengsel

5 ml garam masala

60 ml Geroosterde masala mengsel

1 kg hoenderporsies

2 aartappels, geskil, in blokkies

5 ml sout

2 tamaties, skille af, gekap

1 Braai uie in olie tot sag en deurskynend. Gooi gemmer en knoffel by, braai tot geure los kom.

2 Gooi masalas by en braai goed tot geure los kom.

3 Gooi hoender en aartappels by en genoeg water om meeste stukke toe te maak, kook vir omtrent 10 minute.

4 Gooi sout en tamaties by en kook sonder ‘n deksel tot sous dik is, hoender gaar en aartappels sa gis.

Notas: Nita sê jy moet aartappels gebruik wat nie pap kook nie

Sy gooi ook soms meer tamaties by as benodig, vir ‘n lekker sous

Hierdie Masala resepte maak nogal baie, so bêre gerus vir ‘n volgende keer

Onthou Kerrie moet altyd gebraai word sodat die geure kan loskom. Doen dit voor jy die res van die bestandele by gooi.

Nita sê ook dat jy nie die sout en tamaties te vroeg moet bygooi saam die aartappels nie.

Gaan koop jou speserye by ‘n spesery winkel of mark. Dis baie goedkoper as die supermark.

SMAAKLIKE KERRIE!!!

  • Black Twitter Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon

#SteynsCulinarySchool

Tel: (+27)12 362 5340 |  Cel: (+27)72 645 5167  | 
Email: info@steynsculinaryschool.co.za

345 Glyn street, Hatfield, Pretoria